Annelie

Saturday, September 29, 2007

And now for something completely different...(3)

Reg! Hiermee dan my amptelike oorskuif wordpress toe! Ek het so lank niks op blogger gepost nie dat ek nie meer gemaklik is met die interface nie...so nou's ek uiteindelik op die punt wat ek netsowel kan oorbegin op wordpress :-) Arriewarrie!

www.anneliemare.wordpress.com

Thursday, June 28, 2007

'n Belofte is 'n belofte, en 'n belofte maak skuld...

Daar's 'n paar posts op pad (ek belowe), maar my rekenaar is bietjie spasties en die aflaai van foto's vat baie langer as gewoonlik...en my geduld was maar min die afgelope week. Verder is die blogger-interface besonders spasties. Gee my nog 'n paar dae, dan's my blog weer lewendig (dalk by 'n ander adres, maar nogsteeds...)!

Intussen sal ek solank een van my gunsteling Huisgenoot stories OOIT met julle deel:

Blykbaar het 'n con-artist in Japan toegeslaan deur skape aan mense te verkoop as poedels. Die lammetjies was natuurlik geskeer om soos poedels te lyk...(maar jitte, die verskil is mos nogsteeds beduidend!?) 'n bekende Japanese aktrise, een van die slagoffers, het verslae aan die pers vertel dat sy nie kon verstaan hoekom haar 'hondjie' nie wou blaf nie.

Alhoewel hierdie Lost-In-Translation-storie my suster Karen, Marissa en natuurlik my eie dag gemaak het, het ek ongelukkig vanoggend hierdie link opgespoor. *sug* So die plesier is 'short-lived'...

iTunes challenge

Ok, so ek weet Kobus het reeds 'n 'Ode to iTunes' en die Top25 playlist gepost...ek het, in waardering vir hierdie cool funksie (en dit is regtig great), my nano se top 25 liedjies hieronder gepost. As jy 'n iPod besit: Doen dieselfde, dit kan net interessant wees :-)

You Heart Is An Empty Room (Death Cab for Cutie)
I've got my mind set on you (George Harrison)
This Charming Man (The Smiths)
Girlfriend (Avril Lavigne) (ja, ek weet...)
Ceremony (New Order)
I just can't get enough (Depeche Mode)
Rock the Casbah (The Clash)
Blue Monday (New Order)
The Sound of Settling (Death Cab for Cutie)
Celebration (Kool and the Gang)
Clark Gable (The Postal Service)
Love will come through (Travis)
Collide (Howie Day)
Hotel Song (Regina Spektor)
I will follow you into the dark (Death Cab for Cutie)
Your body is a wonderland (John Mayer)
Last night (The Strokes)
A little respect (Wheatus)
Don't dream it's over (Crowded House)
Train (Goldfrapp)
Hide and seek (Imogen Heap)
I fought the law (The Clash)
Back to black (Amy Winehouse)
It don't matter (Donovan Frankenreiter)
I turn my camera on (Spoon)

Sunday, May 06, 2007

Daar's min dinge so lekker...

1) soos 'n golden retriever (nog warm van rondlê in die son) wat haar kop besorgd op jou skoot kom sit terwyl jy koorsagtig lê en slaap.

2) as om snoesig op 'n bank te lê met 'n beker med-lemon terwyl jy die wind buite kan hoor waai en deur die venster kan sien hoe die herfsblare ronddwarrel in die tuin.

To each his own...

Toe ek en Linsen vroeër vanjaar as Hare Krishnas na Eendrag se Huisfondsdans toe is, het ek bietjie op die internet rondgesoek vir instruksies vir hoe om 'n sari te vou. Dit het nie veel gehelp nie - my sari het die heeltyd afgeval, ten spyte van die klomp doekspelde wat ek ook gebruik het om als bymekaar te hou (Net vir die rekord: doekspelde is nie juis iets wat gereeld feature in die 'kuns' van sari-vou nie).

Anyway - ek kom oor die naweek af op 'n brokkie wat ek sommer vinnig in notepad gepaste het van een van die sari-websites af, vir 'n latere blog-entry (toe baie later as beplan, maar nouja)...dis...wel...lees maar self:

"There's no reason why you should not be out somewhere right now wearing a sari. The world needs more women in sarees! However, if you are a beginner and are too shy to go out right away, don't fret! Wear your sari around the HOUSE! Yes it's fun to cook a meal in a sari and the apron even holds the pallu down nicely so you can gracefully flit about your kitchen. Have a sari party and share your sarees with your friends for an evening! From wearing it a few times it will start to feel natural and after you've made peace with your big beautiful piece of cloth you'll just waltz out into public without a second thought."

Sunday, March 25, 2007

Sonde met die bure

My buurvrou is 'n oggendmens. Ek is nie. Sy't my vanoggend wakker geskree toe sy besluit het om haar ouers te bel (seker voor hulle kerk toe gaan, want dit was vroeg) en 'n bietjie 'op te vang'. Aangesien sy ingenieurswese swot het die gesprek meestal oor haar toetsreeks gegaan. Ek sal julle nie aan die ander besonderhede blootstel nie.

'n Paar minute later hoor ek girts-girts-girts...ek het eers heel paniekerig gedink sy's besig om haar naels te vyl (die muur kan tog nie só dun wees nie!?), maar toe besef ek die geluid kom van my venster se kant af. En so ontmoet ek toe my ander buurman :-)

Wat sou sy naam wees? Hy lyk vir my soos 'n Krummel...

Let them listen to Cake

Dit is altyd lekker as 'n mens per abuis 'n (random) cool band ontdek - 'n luukse wat ek seker vreeslik sal mis as ek eers sonder die Netwerk moet klaarkom...maar anyway, hopelik kan julle êrens 'n Cake track in die hande kry en vir my sê wat julle dink.

O, en jammer as hulle ou nuus is...maar dis die eerste keer wat ek hulle hoor :-)

Tuesday, March 13, 2007

Iemand verstaan!

Monday, March 12, 2007

Koshuis k*kkies

Die idee van 'n deurkaart het my nog altyd 'n bietjie geïrriteer, dalk omdat ek nie noodwendig wil hê mense moet altyd weet waar ek is nie. It's a privacy thing (iets wat koshuisinwoners nie altyd verstaan nie, ek weet)...

In elkgeval, hierdie jaar het ek bietjie eksperimenteer (met apologie aan die ontwerperspan van Insig se KKNK bylaag en Dick Bruna, skepper van Miffy die hasie) en met die volgende vorendag gekom.

Nadat ek bietjie opgelees het oor uitleg-guru Mario Garcia (en my eie design inferiority complex probeer face het deur die VerwelkomingsMatie alleen aan te pak) was dit nogals fun om bietjie rond te speel. Maar ek's nogsteeds nie seker ek hou daarvan nie. En ek's nogsteeds nie seker ek hou van die idee dat design vir party mense so 'n moerse issue is nie - kyk byvoorbeeld na die Res Ed projek se logo. Dis vir my amper die visuele ekwivalent van naels wat krap op 'n swartbord...maar Res Ed is potensieël so 'n positiewe projek (moontlike politieke agendas aside) dat ek myself eintlik skaam dat laasgenoemde gedagte hoegenaamd by my opgekom het.

Met 'n koerant is daar natuurlik baie issues om oor te praat - hoe ver kan 'n mens die sinnelose grafika vat voordat jy actually bydra tot lesers se luiheid vir lees? Ek praat darem nou nie oor die basiese 'hoe-loop-'n-leser-se-oog-oor-die-bladsy' navorsing nie...'n mens kan dit seker respekteer.

Ek skryf anderdag weer alles neer wat ek hieroor dink, maar ek behoort eintlik te werk (en ek het reeds te veel tyd aan daai simpel deurkaart spandeer)...los gerus kommentaar oor my hasie-motif :-)

Saturday, March 10, 2007

I spy with my little eye...

Ek deel gou 'n paar surrealistiese ervarings van hierdie week...

1) Nou die aand moes ek langs die BP garage parkeer en was op pad na die winkeltjie toe toe vier petroljoggies om die hoek (verby my) gehardloop kom. Hulle was op pad om 'n ou voor te keer wat van die ander kant af deur die drive-through gehardloop het, en begin hom toe daar voor my stukkend slaan. Blykbaar het hy een van hulle geslaan voor hy probeer weghol het, maar whatever. Dit was nie cool nie.

2) 'n Omie het vanoggend in Pick 'n Pay voor my geloop en skaamteloos sy onderbroek (wat apparently tussen sy boude opgefrommel was) daar uitgehaal en...gekrap. Weird, weird oomblik, veral omdat ek die enigste persoon in 'n moerse crowded winkel was wat die voorreg gehad het om dit te sien. (Hoekom het ek nie maar eers daar anderkant broodrolletjies gaan koop nie!?)

3) Gisteraand by Joolbal...wel, die hele dronk, sweterige langarm ding het nog nooit vir my gewerk nie. Ek los dit maar daar.

Jammer as dit alles 'n bietjie bitter klink...ek gaan nou maar weg vir die naweek om te refuel en hopelik 'n bietjie meer positiewe uitkyk op die lewe te koester :-)